BRISKET-, GROENBOONTJIE- AARTAPPEL- EN UIEBREDIE
Resep en foto: Anri Douglas
“Brisket, groenboontjies, artappels, uie en rys met sous. Lekker eet.”
- 1 kg brisket
- 1 eetlepel asyn
- 1 teelepel sout
- 1 teelepel Marmite
- 1 teelepel peperkorrels
- 1½ liter kookwater
- 4 uie, gehalveer
- 4 groot aartappels, gehalveer
- 500 g groenboontjies, puntjies verwyder en gehalveer
- botter en dieselfde hoeveelheid koekmeel, na smaak (± 3 eetlepels elk) – om sous te verdik
- Plaas die brisket, water, asyn, sout, Marmite en peperkorrels in ‘n pot.
- Kook dit op baie lae hitte vir drie ure.
- Voeg die uie, aartappels en groenboontjies by en kook tot die groente sag is.
- Verdik die sous met die gesmelte botter, gemeng met die meel.
- Toets die smaak van die dis en pas dit aan met geurmiddels, indien nodig.
Category:












