BRISKET-, GROENBOONTJIE- AARTAPPEL- EN UIEBREDIE
“Brisket, groenboontjies, artappels, uie en rys met sous. Lekker eet.”
- 1 kg brisket
- 1 eetlepel asyn
- 1 teelepel sout
- 1 teelepel Marmite
- 1 teelepel peperkorrels
- 1½ liter kookwater
- 4 uie, gehalveer
- 4 groot aartappels, gehalveer
- 500 g groenboontjies, puntjies verwyder en gehalveer
- botter en dieselfde hoeveelheid koekmeel, na smaak (± 3 eetlepels elk) – om sous te verdik
Plaas die brisket, water, asyn, sout, Marmite en peperkorrels in ‘n pot.
Kook dit op baie lae hitte vir drie ure.
Voeg die uie, aartappels en groenboontjies by en kook tot die groente sag is.
Verdik die sous met die gesmelte botter, gemeng met die meel.
Toets die smaak van die dis en pas dit aan met geurmiddels, indien nodig.
Resep en foto: Anri Douglas