Your Recipe Blog

BRISKET-, GROENBOONTJIE- AARTAPPEL- EN UIEBREDIE

BRISKET-, GROENBOONTJIE-  AARTAPPEL- EN UIEBREDIE

Resep en foto: Anri Douglas
“Brisket, groenboontjies, artappels, uie en rys met sous. Lekker eet.”

  • 1 kg brisket
  • 1 eetlepel asyn
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel Marmite
  • 1 teelepel peperkorrels
  • 1½  liter kookwater
  • 4 uie, gehalveer
  • 4 groot aartappels, gehalveer
  • 500 g groenboontjies, puntjies verwyder en gehalveer
  • botter en dieselfde hoeveelheid koekmeel, na smaak (± 3 eetlepels elk) – om sous te verdik
  • Plaas die brisket, water, asyn, sout, Marmite en peperkorrels in ‘n pot.
  • Kook dit op baie lae hitte vir drie ure.
  • Voeg die uie, aartappels en groenboontjies by en kook tot die groente sag is.
  • Verdik die sous met die gesmelte botter, gemeng met die meel.
  • Toets die smaak van die dis en pas dit aan met geurmiddels, indien nodig.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page