ELBIE SE STOKKIESLAAI
Resep en foto: Elbie Gouws
Niemand eet meer mengelslaai by ‘n braaivleis nie, maar die stokkies vlieg.
- medium sosatiestokkies
- blaarslaai
- kersietamaties
- skyfies komkommer
- stukkies pynappel
- stukkie paprika
- Fetakaas
- basieliekruid blare
- enige balsamiese asyn
- Neem sosatiestokkies en ryg stukkies blaarslaai, kersietamaties (hul kan heel ook gebruik word) komkommer, pynappel en stukkies paprika of wat jy ookal wil opryg op stokkie.
- Fetakaas en ‘n vars basiliekruid blaar kan ook bygevoeg word. Dit is alles na smaak.
- Elke persoon voeg dan balsamiese asyn na smaak oor die slaaistokkie.
Category:












