MA RIA SE PERFEKTE KOEKSISTERS
- Deeg:
- 4 koppies koekmeel
- 2 teelepels bakpoeier
- ½ teelepel sout
- 2 eetlepels botter
- 2 koppies melk
- 1 eier
Strooi nog meel op jou hande om die regte “consistency” te kry.
Dompel die kokende koeksister dadelik in die yskoue stroop vir net 5 sekondes.
- Stroop:
- 5 koppies suiker
- 2 ½ koppies water
- 2 teelepels kremetart
- 1 eetlepel goue stroop
- 2 teelepels vanilla geursel
Meng al die bestanddele in ‘n dikboom kastrol en kook vir presies 7 minute.
NB: moet glad nie roer nie maw. plaas al die bestanddele in ‘n pot en sit op die stoof.
Sodra die stroop begin borrel, laat kook vir 7 minute. Jy roer glad nie. Haal van die stoof af en sit eenkant.
Laat afkoel. Plaas dan in die vrieskas tot yskoud.
Nota:
Ek maak die stroop die vorige dag of aand en sit die stroop dan in die vrieskas. Dit vries nie. Dis belangrik om dit slegs vir 7 minute te kook anders verdamp daar te veel water en die stroop word dan kliphard soos tameletjie.
Jy kan ook in jou stroop een teelepel kaneel, suurlemoensap of neutmuskaat sit vir ‘n ektra smaak. Ons hou van ons koeksisters lekker donkerbruin. Dit suig dan ook meer stroop op as die stroop yskoud uit die vrieskas kom. Geen van my koeksisters lyk ooit dieselfde nie.
Wenke vir koeksisters:
Bêre koeksister is ‘n plastiekbak met deksel in die yskas, wanneer dit vries, veroorsaak dit dat dit pap raak wanneer dit ontdooi is.
Resep lewer ongeveer 4 tot 5 dosyn koeksister.
Kremetart word bygevoeg wat veroorsaak dat koeksisters lekker “crispy” is.
Die hoeveelheid olie om koeksisters te bak, is ongveer 7 cm diep in die kastrol.
Noekie Botha van Niekerk:
In plaas van vanilla voeg ek ‘n paar druppels gliserien in vir mooi glans.
Resep en foto: Emmerentia MC Pretorius














kan ek n paar dosyn koeksisters bestel asb.
More Lidia, ons is net ‘n resepte groep, ons verkoop geen produkte nie.
Regtig jammer.
Mooi dag verder