Your Recipe Blog

MA RIA SE PERFEKTE KOEKSISTERS

Avatar photo
| Servings: 4 tot 5 dosyn

MA RIA SE PERFEKTE KOEKSISTERS 

Hierdie is my Moeder (Ria Foulds Pistorius) se reseppie en dit is ‘n absolute wenner. Geen harde klonte nie, hol en stroperig. Eenvoudig en goedkoop. Maak eerste die stroop en sit in die vrieskas om yskoud te raak.
  • Deeg:
  • 4 koppies koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • ½ teelepel sout
  • 2 eetlepels botter
  • 2 koppies melk
  • 1 eier
Knie alles saam tot ‘n gladde, elastiese deeg wat nie aan jou hande vasklou nie.
Strooi nog meel op jou hande om die regte “consistency” te kry.
As jy die deeg uitrol, moet dit amper terug spring.
Rol die deeg uit, sny in repe en vleg volgens jou keuse. Bedek die vlegstels met ‘n klam lap.
Bak die vlegsels in warm olie tot donker goudbruin.
Dompel die kokende koeksister dadelik in die yskoue stroop vir net 5 sekondes.
  • Stroop:
  • 5 koppies suiker
  • 2 ½ koppies water
  • 2 teelepels kremetart
  • 1 eetlepel goue stroop
  • 2 teelepels vanilla geursel

Meng al die bestanddele in ‘n dikboom kastrol en kook vir presies 7 minute.
NB: moet glad nie roer nie maw. plaas al die bestanddele in ‘n pot en sit op die stoof.
Sodra die stroop begin borrel, laat kook vir 7 minute. Jy roer glad nie. Haal van die stoof af en sit eenkant.
Laat afkoel. Plaas dan in die vrieskas tot yskoud.

Nota:
Ek maak die stroop die vorige dag of aand en sit die stroop dan in die vrieskas. Dit vries nie. Dis belangrik om dit slegs vir 7 minute te kook anders verdamp daar te veel water en die stroop word dan kliphard soos tameletjie.
Jy kan ook in jou stroop een teelepel kaneel, suurlemoensap of neutmuskaat sit vir ‘n ektra smaak. Ons hou van ons koeksisters lekker donkerbruin. Dit suig dan ook meer stroop op as die stroop yskoud uit die vrieskas kom. Geen van my koeksisters lyk ooit dieselfde nie.

Wenke vir koeksisters:
Bêre koeksister is ‘n plastiekbak met deksel in die yskas, wanneer dit vries, veroorsaak dit dat dit pap raak wanneer dit ontdooi is.
Resep lewer ongeveer 4 tot 5 dosyn koeksister.
Kremetart word bygevoeg wat veroorsaak dat koeksisters lekker “crispy” is.
Die hoeveelheid olie om koeksisters te bak, is ongveer 7 cm diep in die kastrol.
Noekie Botha van Niekerk:
In plaas van vanilla voeg ek ‘n paar druppels gliserien in vir mooi glans.

Resep en foto: Emmerentia MC Pretorius

2 Reviews

  1. Avatar photoLidia kleynhans

    kan ek n paar dosyn koeksisters bestel asb.

    Star
    • More Lidia, ons is net ‘n resepte groep, ons verkoop geen produkte nie.
      Regtig jammer.
      Mooi dag verder

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5