“SPICY”HOENDERVLERKIES IN DIE OOND
Resep en foto’s: Christelle van Rooyen
- Ongeveer 15 hoendervlerkies
- Maak ‘n marinade van jou keuse, hoeveelhede volgens eie smaak, meng die volgende saam:
- Blixem sous
- sout
- grof gemaalde swartpeper
- knoffelvlokkies
- suurlemoensap
- gesnyde sprietuie
- 2 rooi uie, in ringe gesny
- ¼ koppie kookolie
- Smeer vlerkies met sous en plaas in yskas vir ten minste ‘n halfuur.
- Voer ‘n bakplaat uit met aluminium foelie. Maak seker daar is nie gate in foelie anders gaan olie uitloop.
- Die foelie verhoed dat die kos aan die bakplaat vassit, maklike skottelgoed later as mens net die foelie afhaal en weggooi.
- Versprei vlerkies oor bakplaat en bak in oond. (my oond was op 180°C, onderste en boonste element aan)
- Bak 15 na 20 minute in vooraf verhitte oond, draai vlerkies om en bak vir ongeveer dieselfde tyd, tot gaar binne en goudbruin buite.
- Verwyder hoender van die bakplaat/foelie en plaas in opdienbak tot bedien word, indien nie direk op borde nie.
- Nota: Sweet chilli sous is ook lekker as die Blixem sous te veel brand.
Category:












