Your Recipe Blog

“SPICY”HOENDERVLERKIES IN DIE OOND

“SPICY”HOENDERVLERKIES IN DIE OOND

Resep en foto’s: Christelle van Rooyen

  • Ongeveer 15 hoendervlerkies
  • Maak ‘n marinade van jou keuse, hoeveelhede volgens eie smaak, meng die volgende saam:
  • Blixem sous
  • sout
  • grof gemaalde swartpeper
  • knoffelvlokkies
  • suurlemoensap
  • gesnyde sprietuie
  • 2 rooi uie, in ringe gesny
  • ¼ koppie kookolie
  • Smeer vlerkies met sous en plaas in yskas vir ten minste ‘n halfuur.
  • Voer ‘n bakplaat uit met aluminium foelie. Maak seker daar is nie gate in foelie anders gaan olie uitloop.
  • Die foelie verhoed dat die kos aan die bakplaat vassit, maklike skottelgoed later as mens net die foelie afhaal en weggooi.
  • Versprei vlerkies oor bakplaat en bak in oond. (my oond was op 180°C, onderste en boonste element aan)
  • Bak 15 na 20 minute in vooraf verhitte oond, draai vlerkies om en bak vir ongeveer dieselfde tyd, tot gaar binne en goudbruin buite.
  • Verwyder hoender van die bakplaat/foelie en plaas in opdienbak tot bedien word, indien nie direk op borde nie.
  • Nota: Sweet chilli sous is ook lekker as die Blixem sous te veel brand.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page