Your Recipe Blog

PERSKE BLATJANG

PERSKE BLATJANG

Foto en resep: Gideon Louw
Vanoggend vir my die gemaak ek dink nie dis chutney nie eerder atjar maar word atjar gekook of net laat trek. My eie maaksel en proe sommer djeeeeeerlik.
  • 2 kg ontpitte, gerasperde taaipit perskes
  • 2 groot mangos se vleis
  • 2 medium uie, in ringe gesny
  • 2 eetlepels nat knoffel
  • 1 opgehoopte eetlepel mild and spicy kerriepoeier
  • 1 koppie bruin druiweasyn
  • 1 koppie bruinsuiker
  • 1 eetlepel sout
  • 2 suurlemoene se skil en sap
  • 2 teelepels grof gekapte droë brandrissies
  • 1 teelepel rissie flokkies
  • ½ teelepel witpeper
  • 1½ eetlepel Maizena
  • Verhit die suiker en asyn stadig tot die suiker opgelos is en voeg die uie by. Prut vir 5 minute.
  • Voeg alle ander bestandele by behalwe die maizena.
  • Meng alles saam en roer dit terwyl dit tot kookpunt gebring word en laat prut vir 15 tot 20 minute.
  • Meng die maizena met ‘n bietjie water sodat daar nie klonte is nie en voeg by, roer goed in.
  • Draai die hitte af en laat staan op die warmplaat vir vyf minute.
  • Bottel warm in gesteriliseerde flesse.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page