PERSKE BLATJANG
Foto en resep: Gideon Louw
Vanoggend vir my die gemaak ek dink nie dis chutney nie eerder atjar maar word atjar gekook of net laat trek. My eie maaksel en proe sommer djeeeeeerlik.
Vanoggend vir my die gemaak ek dink nie dis chutney nie eerder atjar maar word atjar gekook of net laat trek. My eie maaksel en proe sommer djeeeeeerlik.
- 2 kg ontpitte, gerasperde taaipit perskes
- 2 groot mangos se vleis
- 2 medium uie, in ringe gesny
- 2 eetlepels nat knoffel
- 1 opgehoopte eetlepel mild and spicy kerriepoeier
- 1 koppie bruin druiweasyn
- 1 koppie bruinsuiker
- 1 eetlepel sout
- 2 suurlemoene se skil en sap
- 2 teelepels grof gekapte droë brandrissies
- 1 teelepel rissie flokkies
- ½ teelepel witpeper
- 1½ eetlepel Maizena
- Verhit die suiker en asyn stadig tot die suiker opgelos is en voeg die uie by. Prut vir 5 minute.
- Voeg alle ander bestandele by behalwe die maizena.
- Meng alles saam en roer dit terwyl dit tot kookpunt gebring word en laat prut vir 15 tot 20 minute.
- Meng die maizena met ‘n bietjie water sodat daar nie klonte is nie en voeg by, roer goed in.
- Draai die hitte af en laat staan op die warmplaat vir vyf minute.
- Bottel warm in gesteriliseerde flesse.
Category:












