Your Recipe Blog

DEEG VIR KONFYTTERTJIES

DEEG VIR KONFYTTERTJIES

“Ek het ‘n oeroue resep wat uitstekend is vir tertjies.”

  • 3 koppies koekmeel
  • 1 koppie room
  • 1 koppie storkbake (sag)
  • knippie sout

Werk alles saam deur tot ‘n rolbare deeg.

Nota 1 – Corrie Ludik:
Vir maak van tertjies – gebruik heel appelkooskonfyt en nie die fyn een nie. Druk so drie gaatjies bo in met tandestokkie. Sit rou tertjies vir sowat een uur in yskas. Verplaas direk van yskas na warm oond  (as ek haastig is, sit ek dit sommer in die vrieskas tot dit yskoud is).
Bak teen 180 ºC vir 10 tot 15 min.
Onthou om die binne randte van die deeg met eierwit te smeer voor jy die deeg toevou en vas druk. Druk ook maar die vurk wat jy gebruik om dit vas te druk kort kort in ‘n bietjie meel.

Nota 2 – Leatitia Schoeman Thiel:
Ek hierdie resep vir konfyttertjies gebruik; net botter gebruik in die plek van storkbake.

Foto: Leatitia Schoeman Thiel
Resep: Corrie Ludik

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page