Your Recipe Blog

SUSAN SE ALLBRAN BESKUIT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20-30 min

SUSAN SE ALL BRAN BESKUIT

Foto en resep:  Erna Van der Merwe
My oorlede tannie se baie lekker en baie maklike beskuit resep.

  • 1 ½ koppie olie
  • 750 ml karringmelk
  • 250 g margarien, gesmelt
  • 3 eiers
  • 1,5 kg bruismeel (11 koppies of 3 x 500 g pakkies)
  • 3 koppies suiker
  • 3 teelepels bakpoeier
  • 1 teelepel sout
  • 6 koppies All Bran flakes
  • Meng olie, karringmelk, margarien en eiers in ‘n groot mengbak.
  • Meng meel, suiker, bakpoeier en sout saam en voeg by die eiermengsel.
  • Meng laaste die All Bran by (ek meng dit saam met droë bestanddele by).
  • Smeer hande olie en maak bolletjies, bak in beskuitpanne vir 1 uur by 180°C.
  • OF
  • Druk plat in 3 rolkoek panne en bak by 170°C vir 20 – 30 minute en sny vingers.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page