SUSAN SE ALL BRAN BESKUIT
Foto en resep: Erna Van der Merwe
My oorlede tannie se baie lekker en baie maklike beskuit resep.
- 1 ½ koppie olie
- 750 ml karringmelk
- 250 g margarien, gesmelt
- 3 eiers
- 1,5 kg bruismeel (11 koppies of 3 x 500 g pakkies)
- 3 koppies suiker
- 3 teelepels bakpoeier
- 1 teelepel sout
- 6 koppies All Bran flakes
- Meng olie, karringmelk, margarien en eiers in ‘n groot mengbak.
- Meng meel, suiker, bakpoeier en sout saam en voeg by die eiermengsel.
- Meng laaste die All Bran by (ek meng dit saam met droë bestanddele by).
- Smeer hande olie en maak bolletjies, bak in beskuitpanne vir 1 uur by 180°C.
- OF
- Druk plat in 3 rolkoek panne en bak by 170°C vir 20 – 30 minute en sny vingers.
Category:












