Your Recipe Blog

SUSAN SE ALLBRAN BESKUIT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20-30 min

SUSAN SE ALL BRAN BESKUIT

My oorlede tannie se baie lekker en baie maklike beskuit resep.

  • 1 ½ koppie olie
  • 750 ml karringmelk
  • 250 g margarien, gesmelt
  • 3 eiers
  • 1,5 kg bruismeel (11 koppies of 3 x 500 g pakkies)
  • 3 koppies suiker
  • 3 teelepels bakpoeier
  • 1 teelepel sout
  • 6 koppies All Bran flakes

Meng olie, karringmelk, margarien en eiers in ‘n groot mengbak.
Meng meel, suiker, bakpoeier en sout saam en voeg by die eiermengsel.
Meng laaste die All Bran by (ek meng dit saam met droë bestanddele by).
Smeer hande olie en maak bolletjies, bak in beskuitpanne vir 1 uur by 180°C.
OF
Druk plat in 3 rolkoek panne en bak by 170°C vir 20 – 30 minute en sny vingers.

Foto en resep:  Erna Van der Merwe

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page