PERSKE, APPELKOOS EN BRAAISOUS HOENDER
Resep en foto: Elize Viljoen
- ½ bottel braaisous (ek gebruik Steers se sous)
- 1 koppie fyn appelkoos of perskekonfyt (ek gebruik die helfte van elk)
- 1 teelepel fyn knoffel
- 8 tot 10 stukkies hoenderdye
- sout en peper na smaak
- hoenderspeserye
- baba-aartappels, opsioneel
- Stel oond op 180ºC.
- Meng braaisous, konfyt en knoffel goed saam.
- Smeer pan liggies met olyfolie.
- Pak hoender (reeds gespesery) in oondbak en smeer sous oor die hoender.
- Voeg aartappels saam in die oondbak met skil nog aan.
- Bak onbedek vir sowat 40 minute of tot gaar.
- Die sous moet lekker taai wees.
- Smeer elke nou en dan van die sous in die oondbak weer oor die hoender.
Category:












