PERSKE, APPELKOOS EN BRAAISOUS HOENDER
- ½ bottel braaisous (ek gebruik Steers se sous)
- 1 koppie fyn appelkoos of perskekonfyt (ek gebruik die helfte van elk)
- 1 teelepel fyn knoffel
- 8 tot 10 stukkies hoenderdye
- sout en peper na smaak
- hoenderspeserye
- baba-aartappels, opsioneel
Stel oond op 180ºC.
Meng braaisous, konfyt en knoffel goed saam.
Smeer pan liggies met olyfolie.
Pak hoender (reeds gespesery) in oondbak en smeer sous oor die hoender.
Voeg aartappels saam in die oondbak met skil nog aan.
Bak onbedek vir sowat 40 minute of tot gaar.
Die sous moet lekker taai wees.
Smeer elke nou en dan van die sous in die oondbak weer oor die hoender.
Resep en foto: Elize Viljoen