Your Recipe Blog

PERSKE, APPELKOOS EN BRAAISOUS HOENDER

Cook: 40 minute

PERSKE, APPELKOOS EN BRAAISOUS HOENDER

Resep en foto: Elize Viljoen

  • ½ bottel braaisous (ek gebruik Steers se sous)
  • 1 koppie fyn appelkoos of perskekonfyt (ek gebruik die helfte van elk)
  • 1 teelepel fyn knoffel
  • 8 tot 10 stukkies hoenderdye
  • sout en peper na smaak
  • hoenderspeserye
  • baba-aartappels, opsioneel
  • Stel oond op 180ºC.
  • Meng braaisous, konfyt en knoffel goed saam.
  • Smeer pan liggies met olyfolie.
  • Pak hoender (reeds gespesery) in oondbak en smeer sous oor die hoender.
  • Voeg aartappels saam in die oondbak met skil nog aan.
  • Bak onbedek vir sowat 40 minute of tot gaar.
  • Die sous moet lekker taai wees.
  • Smeer elke nou en dan van die sous in die oondbak weer oor die hoender.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page