Your Recipe Blog

LEKKERSTE LEKKER APPELTERT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 MINUTE

LEKKERSTE LEKKER APPELTERT

Foto en resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Ek het dit in my klein oondjie gebak op die boonste rakkie, sonder die ring.

  • 1 koppie suiker
  • 3 eetlepels sagte botter
  • 3 eiers
  • 1 koppie koekmeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • knippie sout
  • ¼ koppie melk
  • 1 blik ingelegde appels (385 g) (of ingelegde vrugte soos verkies, bv. perskes of kwepers)
  • Spray and Cook
  • Sous:
  • 2 koppie melk
  • ¾ koppie suiker
  • 5 ml vanillageursel
  • Voorverhit oond tot 180º C.
  • Spuit ‘n oondbak met goed met Spray and Cook.
  • Meng die botter en suiker saam.
  • Voeg die eiers by terwyl jy roer.
  • Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en voeg by,  hou aan met roer tot ‘n loperige deeg.
  • Voeg die melk by en meng goed.
  • Skep die beslag in die oondbak.
  • Pak die geblikte appels bo-op die beslag.
  • Bak vir ± 40 minute.
  • Sous:
  • Kook alles saam oor lae hitte in ‘n kastrol totdat die suiker opgelos is.
  • Hou dop sodat die melk nie oorkook nie.
  • Druk gaatjies in die tert en skep sous oor die warm tert sodra die tert uit die oond gehaal word.
  • Laat afkoel en geniet.  Kan ook met styfgeklopte room bedien word.

Nota:
Die sous trek in die deeg in terwyl dit afkoel.

 

One Review

  1. Ida Bouwer

    Lekkerste en maklikste appeltert ooit

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page