LEKKERSTE LEKKER APPELTERT
Ek het dit in my klein oondjie gebak op die boonste rakkie, sonder die ring.
- 1 koppie suiker
- 3 eetlepels sagte botter
- 3 eiers
- 1 koppie koekmeel
- 1 teelepel bakpoeier
- knippie sout
- ¼ koppie melk
- 1 blik ingelegde appels (385 g) (of ingelegde vrugte soos verkies, bv. perskes of kwepers)
- Spray and Cook
- SOUS
- 2 koppie melk
- ¾ koppie suiker
- 5 ml vanillageursel
Voorverhit oond tot 180º C.
Spuit ‘n oondbak met goed met Spray and Cook.
Meng die botter en suiker saam.
Voeg die eiers by terwyl jy roer.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en voeg by, hou aan met roer tot ‘n loperige deeg.
Voeg die melk by en meng goed.
Skep die beslag in die oondbak.
Pak die geblikte appels bo-op die beslag.
Bak vir ± 40 minute.
Sous:
Kook alles saam oor lae hitte in ‘n kastrol totdat die suiker opgelos is.
Hou dop sodat die melk nie oorkook nie.
Druk gaatjies in die tert en skep sous oor die warm tert sodra die tert uit die oond gehaal word.
Laat afkoel en geniet. Kan ook met styfgeklopte room bedien word.
Nota:
Die sous trek in die deeg in terwyl dit afkoel.
Foto en resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Lekkerste en maklikste appeltert ooit