LEKKERSTE LEKKER APPELTERT
Foto en resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Ek het dit in my klein oondjie gebak op die boonste rakkie, sonder die ring.
- 1 koppie suiker
- 3 eetlepels sagte botter
- 3 eiers
- 1 koppie koekmeel
- 1 teelepel bakpoeier
- knippie sout
- ¼ koppie melk
- 1 blik ingelegde appels (385 g) (of ingelegde vrugte soos verkies, bv. perskes of kwepers)
- Spray and Cook
- Sous:
- 2 koppie melk
- ¾ koppie suiker
- 5 ml vanillageursel
- Voorverhit oond tot 180º C.
- Spuit ‘n oondbak met goed met Spray and Cook.
- Meng die botter en suiker saam.
- Voeg die eiers by terwyl jy roer.
- Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en voeg by, hou aan met roer tot ‘n loperige deeg.
- Voeg die melk by en meng goed.
- Skep die beslag in die oondbak.
- Pak die geblikte appels bo-op die beslag.
- Bak vir ± 40 minute.
- Sous:
- Kook alles saam oor lae hitte in ‘n kastrol totdat die suiker opgelos is.
- Hou dop sodat die melk nie oorkook nie.
- Druk gaatjies in die tert en skep sous oor die warm tert sodra die tert uit die oond gehaal word.
- Laat afkoel en geniet. Kan ook met styfgeklopte room bedien word.
Nota:
Die sous trek in die deeg in terwyl dit afkoel.














Lekkerste en maklikste appeltert ooit