TUNA EN SPAGETTI TERT
Resep aanpassings en foto: Rina Kleinhans
- 2 blikkie “chunks” tuna in water, gooi water af
- 1 redelike groot ui, fyn gekap
- 250 – 300 ml gaar spaghetti, fyner gesny (kan ook rys gebruik)
- 125 ml melk
- 185 ml mayonnaise
- 65 ml seekos slaaisous
- 3 eiers
- 2 – 3 songedroogte tamaties, fyn gekap
- 1 eetlepel koekmeel
- knippie rooipeper
- knippie visspeserye
- sout en swart peper, na smaak
- 250 ml gerasperde kaas
- 2 – 3 takkies vars gekapte pietersielie
- Voorverhit die oond tot 180 ºC.
- Braai die uie tot deurskynend, meng die spaghetti en tuna daarby.
- Strooi die meel oor die mengsel en meng goed.
- Meng die res van die bestanddele buiten die kaas en die pietersielie by die tunamengsel in.
- Skep mengsel in die voorbereide pan of tert bak.
- Sprinkel kaas en pietersielie oor en bak vir ongeveer 20 – 30 min tot gestol en goud bruin.
Nota:
Heerlike saam met ‘n slaai as ligte ete, maar net so lekker koud bedien op ‘n platter.
Category:












