Your Recipe Blog

TUNA EN SPAGETTI TERT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20-30 min

TUNA EN SPAGETTI TERT

  • 2 blikkie “chunks” tuna in water, gooi water af
  • 1 redelike groot ui, fyn gekap
  • 250 – 300 ml gaar spaghetti, fyner gesny ( kan ook rys gebruik)
  • 125 ml melk
  • 185 ml mayonnaise
  • 65 ml seekos slaaisous
  • 3 eiers
  • 2 – 3 songedroogte tamaties, fyn gekap
  • 1 eetlepel koekmeel
  • knippie rooipeper
  • knippie visspeserye
  • sout en swart peper, na smaak
  • 250 ml gerasperde kaas
  • 2 – 3 takkies vars gekapte pietersielie

Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Braai die uie tot deurskynend, meng die spaghetti en tuna daarby.
Strooi die meel oor die mengsel en meng goed.
Meng die res van die bestanddele buiten die kaas en die pietersielie by die tunamengsel in.
Skep mengsel in die voorbereide pan of tert bak.
Sprinkel kaas en pietersielie oor en bak vir ongeveer 20 – 30 min tot gestol en goud bruin.

Nota:
Heerlike saam met ‘n slaai as ligte ete, maar net so lekker koud bedien op ‘n platter

Resep aanpassings en foto:  Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page