Your Recipe Blog

TUNA EN SPAGETTI TERT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20-30 min

TUNA EN SPAGETTI TERT

Resep aanpassings en foto:  Rina Kleinhans

  • 2 blikkie “chunks” tuna in water, gooi water af
  • 1 redelike groot ui, fyn gekap
  • 250 – 300 ml gaar spaghetti, fyner gesny (kan ook rys gebruik)
  • 125 ml melk
  • 185 ml mayonnaise
  • 65 ml seekos slaaisous
  • 3 eiers
  • 2 – 3 songedroogte tamaties, fyn gekap
  • 1 eetlepel koekmeel
  • knippie rooipeper
  • knippie visspeserye
  • sout en swart peper, na smaak
  • 250 ml gerasperde kaas
  • 2 – 3 takkies vars gekapte pietersielie
  • Voorverhit die oond tot 180 ºC.
  • Braai die uie tot deurskynend, meng die spaghetti en tuna daarby.
  • Strooi die meel oor die mengsel en meng goed.
  • Meng die res van die bestanddele buiten die kaas en die pietersielie by die tunamengsel in.
  • Skep mengsel in die voorbereide pan of tert bak.
  • Sprinkel kaas en pietersielie oor en bak vir ongeveer 20 – 30 min tot gestol en goud bruin.

Nota:
Heerlike saam met ‘n slaai as ligte ete, maar net so lekker koud bedien op ‘n platter.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page