FRIKKIE SE KARRINGMELKBESKUIT
“Die lekkerste karringmelkbeskuit met n twist gebak vandag. Dit lewer so 144 stukke beskuit.”
- 800 g botter of bakkunsbotter (margarien)
- 625 ml suiker (2¼ koppies)
- 1,6 liter karringmelk/Griekse jogurt
- 7 eiers, goed geklits
- 3 kg bruismeel
- 1 koppie koekmeel
- 2 eetlepels sout
- 4 teelepels bakpoeier
- 1 koppie all bran
- 1 koppie gebreekte hawermout (“rolled oats”)
- 1 koppie gekapte neute
- 1 koppie pitlose rosyne/koekmengsel
Smelt botter oor lae hitte. Voeg suiker by en laat smelt. Voeg glad geklitste karringmelk/jogurt by en hou lou tot benodig. Meng al die droë bestanddele en maak ‘n dammetjie.
Roer geklitste eiers by karringmelkmengsel in en voeg dit by droë mengsel.
Meng tot deurgemeng en knie liggies. Maak drie panne op: ongeveer 2,1 kg deeg per pan. Ek maak nie balletjies nie. Ek maak ‘n brood en sny dan in vingers.
Bak vir 70 minute by 160 °C in ‘n voorafverhitte oond tot gaar.
Keer uit op draadrak/bakdoek om af te koel en sny, wanneer koud, in vingers; 2½ cm snye en deel elke sny in vier vingers.
Pak in oond op rakke en droog uit vir so 5½ ure by 80 °C – met ‘n houtlepel in oonddeur sodat vog kan verdamp.
Resep en fotos: Frikkie Jones













