Your Recipe Blog

FRIKKIE SE KARRINGMELKBESKUIT

Recipe by
Cook: 70 minute | Servings: 144 stukkies

FRIKKIE SE KARRINGMELKBESKUIT 

Resep en fotos: Frikkie Jones
“Die lekkerste karringmelkbeskuit met ‘n twist gebak vandag. Dit lewer so 144 stukke beskuit.”

  • 800 g botter of bakkunsbotter (margarien)
  • 625 ml suiker (2¼ koppies)
  • 1,6 liter karringmelk/Griekse jogurt
  • 7 eiers, goed geklits
  • 3 kg bruismeel
  • 1 koppie koekmeel
  • 2 eetlepels sout
  • 4 teelepels bakpoeier
  • 1 koppie all bran
  • 1 koppie  gebreekte hawermout (“rolled oats”)
  • 1 koppie gekapte neute
  • 1 koppie pitlose rosyne/koekmengsel
  • Smelt botter oor lae hitte. Voeg suiker by en laat smelt. Voeg glad geklitste karringmelk/jogurt by en hou lou tot benodig. Meng al die droë bestanddele en maak ‘n dammetjie.
  • Roer geklitste eiers by karringmelkmengsel in en voeg dit by droë mengsel.
  • Meng tot deurgemeng en knie liggies. Maak drie panne op: ongeveer 2,1 kg deeg per pan. Ek maak nie balletjies nie. Ek maak ‘n brood en sny dan in vingers.
  • Bak vir 70 minute by 160 °C in ‘n voorafverhitte oond tot gaar.
  • Keer uit op draadrak/bakdoek om af te koel en sny, wanneer koud, in vingers; 2½ cm snye en deel elke sny in vier vingers.
  • Pak in oond op rakke en droog uit vir so 5½ ure by 80 °C – met ‘n houtlepel in oonddeur sodat vog kan verdamp.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page