ZETTIE SE NATCHOS
My dogter se resep. Natchos gemaak met ons uie pickels as bestanddeel.
- 1 pak natchos
- 2 tamaties, dobbelsteentjies gesny
- 2 eetlepels uiepiekels (https://yourrecipeblog.com/recipes/hennie-se-ingelegde-uiemengsel/)
- 1 pakkie spek
- 1 pakkie sampioene, fyn gesny
- 1 liter kaassous (tuisgemaak)
- 1 houer roomkaas (230 – 250 g )
- 1 advokado
- 2 wiele Fetakaas
Berei 1 liter kaassous klaar voor.
Meng tamatieblokkies met uiepiekels. Braai spek en sampioene saam.
Pak nou lae as volg in ‘n gesmeerde oondbak.
Natchos, uiemengel, spek braaimengsel. Skep lepels vol roomkaas bo-op die mengsel.
Krummel die feta kaas bo-oor. Hierna volg ‘n laag kaassous.
Sny advokado in mooi repe en pak bo-op.
Bak teen 180°C vir 15 minute tot deur warm en alle kaas gesmelt.
Resep en foto: Gezina en Hennie Gouws