ZETTIE SE NATCHOS
Resep en foto: Gezina en Hennie Gouws
My dogter se resep. Natchos gemaak met ons uie pickels as bestanddeel.
- 1 pak natchos
- 2 tamaties, dobbelsteentjies gesny
- 2 eetlepels uiepiekels (https://yourrecipeblog.com/recipes/hennie-se-ingelegde-uiemengsel/)
- 1 pakkie spek
- 1 pakkie sampioene, fyn gesny
- 1 liter kaassous (tuisgemaak)
- 1 houer roomkaas (230 – 250 g )
- 1 advokado
- 2 wiele Fetakaas
- Berei 1 liter kaassous klaar voor.
- Meng tamatieblokkies met uiepiekels. Braai spek en sampioene saam.
- Pak nou lae as volg in ‘n gesmeerde oondbak:
Natchos, uiemengel, spek braaimengsel. Skep lepels vol roomkaas bo-op die mengsel. - Krummel die feta kaas bo-oor. Hierna volg ‘n laag kaassous.
- Sny advokado in mooi repe en pak bo-op.
- Bak teen 180°C vir 15 minute tot deur warm en alle kaas gesmelt.
Category:












