HENNIE SE INGELEGDE UIEMENGSEL
Hierdie is ‘n wenner in my huis!! Gebruik in slaai, enige gereg waar jy uie gebruik!! Skep uit die vloeiestof en gebruik soos jy uie sal gebruik.
- 3 groot uie
- 1 rooi ui
- 1 bossie sprietuie
- 1 pakkie grasuie (chives)
- 4 knoffelvingertjies
- ½ koppie asyn
- 1 teelepel growwe peper
- ½ teelepel roosmaryn
- olyf olie of enige goeie olie
Sny alles fyn. Gebruik ‘n 750 ml botter met ‘n deksel.
Plaas alles in die bottel en maak die bottel vol met olie en asyn tot al die uie bedek is!
Plaas alles in die bottel en maak die bottel vol met olie en asyn tot al die uie bedek is!
Sit in die yskas en gebruik soos benodig.
Hou maklik 3 weke.
Hou maklik 3 weke.
Hoe langer dit staan hoe lekkerder!!
My man eet dit oor alles!!
Resep en foto: Gezina En Hennie Gouws