Your Recipe Blog

YSTERVARKIEKOEK

YSTERVARKIEKOEK

Vandag die fantastiese witkoek gebak, toe gedoop in sous en daarna in klapper gedruk, nie die maklikste om te doen nie. 😁Hoop hy smaak goed! Dit is die sous en vulsel resep van Herman Lensing wat ek lank terug in ‘n Sarie gekry het, die koek het ek gebak met die resep Fantasties Wit of Sjokoladekoek wat op die blog is.

  • Koek:
  • Mengsel 1:
  • Sif die volgende saam:
  • 1 ½ koppie koekmeel
  • 4 teelepels bakpoeier
  • ½ teelepel sout
  • 4 hoogvol eetlepels Maizena
  • Mengsel 2:
  • 6 eiers, geskei
  • 1 ½ koppie suiker
  • ¾ koppie olie
  • 1 koppie warm water
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • Sous:
  • 60 ml kakao
  • 375 ml water
  • 600 g (750 ml) suiker
  • 15 ml botter
  • 500 g klapper
  • Vulsel:
  • 300 g wit sjokolade
  • 125 ml room
  • 1 x 230 g-houer roomkaas
  • 100 g donker sjokolade, gesmelt

Koek:
Meng eiergele met die suiker en klits goed.
Voeg die olie, warm water, en vanilla geursel by en klits goed.
Voeg mengsel 2 by mengsel 1 en meng goed.
Klits eierwit styf en vou in by die beslag.
Skep die beslag in twee 20 cm voorbereide koekpanne.
Bak by 180°C vir 45 minute.
Laat staan ‘n rukkie sodat kante loskom, keer die koeke uit op ‘n afkoel rakkie.
Versier soos verkies nadat die koeke heeltemal koud is.

Sous:
Plaas al die bestanddele behalwe die klapper in ‘n middelslagkastrol.
Bring tot kookpunt en laat kook vir 2 minute
Plaas die stroop in plat bak sodat dit sowat 4 cm diep is.
Doop een koekhelfte op ‘n slag in die stroop en giet nog stroop met maatbeker oor as die koek nie heeltemal bedek is nie.
Haal versigtig uit sodat dit nie breek nie.
Strooi klapper ook in ‘n plat bak en sit gedoopte koek bo-op.
Sprinkel klapper oor sodat hele koek bedek is.
Hou eenkant en herhaal met tweede koek.

Vulsel:
Plaas witsjokolade en room saam in ‘n bak oor ‘n pot met kookwater tot sjokolade gesmelt is. Verwyder van hitte en laat effens afkoel. Klits roomkaas tot lig en romerig en vou witsjokolademengsel by.
Klits roomkaas tot lig en romerig en vou witsjokolademengsel by.
Plaas eerste koek op opdienbord en smeer helfte van roomkaasmengsel bo-op.
Sit tweede helfte bo-op en skep res van roomkaasmengsel op die koek.
Giet gesmelte donkersjokolade in ‘n straaltjie bo-oor.

Foto:
Koek Resep: FANTASTIESE KOEK – SJOKOLADE-EN WITKOEK
https://yourrecipeblog.com/recipes/fantastiese-koek-sjokolade-en-witkoek/

Sous Resep: Herman Lensing
https://yourrecipeblog.com/recipes/herman-se-ystervarkie-koek/

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page