Your Recipe Blog

FANTASTIESE KOEK – SJOKOLADE-EN WITKOEK

Recipe by
Cook: 45 minute

FANTASTIESE KOEK – SJOKOLADE-EN WITKOEK

Die is ‘n Vanilla Koek gebak van die resep. Die resep bak vreeslik lekker. Dit is ‘n heerlike klam en bros koek wat ek regtig kan aanbeveel. I.p.v. kakao gebruik Maizena om ‘n vanilla koek te bak.

  • Mengsel 1:
  • Sif die volgende saam:
  • 1 ½ koppie koekmeel
  • 4 teelepels bakpoeier
  • ½ teelepel sout
  • 4 hoogvol eetlepels kakao
  • Mengsel 2:
  • 6 eiers, geskei
  • 1 ½ koppie suiker
  • ¾ koppie olie
  • 1 koppie warm water
  • 1 teelepel vanilla geursel

Meng eiergele met die suiker en klits goed. Voeg die olie, warm water, en vanilla geursel by en klits goed.
Voeg mengsel 2 by mengsel 1 en meng goed.
Klits eierwit styf en vou in by die beslag.
Skep die beslag in twee  20 cm voorbereide koekpanne.
Bak by 180°C vir 45 minute.
Laat staan ‘n rukkie sodat kante loskom, keer die koeke uit op ‘n afkoel rakkie.
Versier soos verkies nadat die koeke heeltemal koud is.

Nota:
Vir 4 lae kan jy elke laag deursny of in 3 panne bak vir 3 lae.
Jy kan selfs cupcakes bak met die beslag.
40 cupcakes uitgekry en dit teen 150°C gebak vir 18 min.

  • Botter versiersel:
  • 125 g botter/margarien/wooden spoon
  • 3 koppies versiersuiker
  • 2 eetlepels suurlemoensap
  • 1 eetlepel volroom roomkaas of melk
  • Nota:
  • Die versiersuiker het ek ook 2 keer aangemaak vir die koek. Ek het roomkaas gebruik.
  • Vir koffie variasie:
  • Voeg 2 eetlepels koffie by die warm water.
  • Die karamel versiersel:
  • 500 ml vars room, styf geklits
  • 2 blikke karamel
  • 6 eetlepels kakao

Meng die room en karamel, voeg die kakao by.
Klits tot alles opgelos is.
Versier die koek en sit in die yskas so 2 – 3 ure voor sny.

  • Versiersel op die foto van die witkoek:
  • 9 koppies versiersuiker
  • 7 eetlepels melk
  • 4 eetlepels suurlemoensap
  • 5 ml vanilla
  • 375 g Woodenspoon wit botter  (Dan kan jy of net Wit gebruik of kleur soos jy wil)

Klits botter lekker sag, voeg versiersuiker bietjie, bietjie by. Terwyl klits voeg melk en vanilla of suurlemoemsap by.
Meng goed en gebruik. (Dan kan jy of net Wit gebruik of kleur soos jy wil)

Om met verskillende kleure te versier:
Sit verskillende kleure elk in ‘n worsie in cling wrap. Sny die punte af, sit al die worsies in een buis sodat die punte meng net voor dit in die punt ingaan. – Kiti Citi

  • Die versiersel op die hooffoto:
  • 250 ml room
  • 1 blikkie karamel
  • 1 pakkie karamel of butterscotch kitpoeding
  • 1 pakkie gekoopte mousse

Maak die mousse aan met volroom melk, klits goed en sit in die yskas om te stol.
Meng die karamel, room en kitspoeding in jou menger tot baie goed gemeng, klits dan nog so 5 min.
Plaas in die yskas om te stol.  Sit tussen jou lae soos verkies, ek het twee lae karamel en 1 laag mousse met mousse en karamel gemeng heel bo-op.
Lekker eet.

Resep: Rita Pretorius
Foto’s met karamel: Rina Kleinhans
Tweede foto en versiersel resepte: Diane Roode Hancox

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5