“WORTELKOEK” STAFIES
Hierdie sagte stafies is nie rerig wortelkoek nie, maar het dieselfde smaakprofiel. Ek het my wortel uitdaging konfyt gebruik om ‘n heerlike tee bederf te maak.
- Kors:
- 1 pakkie Marie beskuitjies (jy kan gemmerkoekies gebruik en net die fyn gemmer weglaat)
- 5 ml fyn gemmer poeier
- 5 ml fyn neutmuskaat
- 7.5 ml fyn kaneel
- 125 ml wortel, geskil en fyn geraspe
- 100 ml botter, gesmelt
- Vulsel
- 150 ml – 200 ml wortelkonfyt (pas aan na gelang van smaak) https://yourrecipeblog.com/recipes/wortelkonfyt/
- Bolaag:
- 4 groot eierwitte (behou die gele vir later gebruik)
- 250 ml strooisuiker
- 500 ml klapper
- 5 ml kremetart
- 5 ml vanilla geursel
Voorverhit oond tot 180ºC.
Spuit ‘n standaard bakplaat met kleefwerende kossproei.
Kors:
Plaas die koekies, speserye en gerasperde wortels in ‘n voedselverwerker en pols tot dit fyn krummels vorm.
Voeg die gesmelte botter geleidelik by en pols tot dit net-net bind.
Keer die mengsel op die voorbereide bakplaat uit en druk liggies vas tot dit ‘n eweredige laag op die bodem van die pan vorm.
Plaas eenkant.
Bolaag:
Klits die eirwitte tot sagte puntjies vorm.
Voeg die suiker, vanillageursel en kremetart by en klits verder tot dit glansend is en ferm puntjies maak.
Vou die klapper versigtigdeur.
Om die stafies aanmekaar te slaan:
Smeer die wortelkonfyt oor die koekielaag en bedek dan met die bolaag.
Bak ongeveer 25 minute of tot die bolaag goudbruin en krakerig is.
Skakel die oond af en laat vir 5 minute afkoel met die deur effe oop.
Verwyder uit die oond, sny in blokkies of stafies en plaas op ‘n draadrakkie om ten volle af te koel.
Die kors sal effe klam bly, maar sal nie uitmekaar val nie.
Resep en foto: Karen Homan