Your Recipe Blog

WORTELKONFYT

Recipe by
| Servings: 450 ml

WORTELKONFYT

Vir ons 2023 wortel uitdaging, het ek besluit om te begin met ‘n wortelkonfyt. Ek moet bieg, die konfyt proe amper na ‘n fop appelkooskonfyt. Dit is heerlik op ‘n sny witbrood en ek gaan dit in gebak ook gebruik, dis verseker. Ek dink dit sal ook lekker werk in ‘n kerrie of marinade.

  • 750 g geelwortels
  • 450 g suiker
  • fyngerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
  • 7.5 ml fyngemaalde gemmer
  • 5 ml sout

Skil die wortels en verdeel as volg: 700 g in skywe gesny en 50 g fyn geraspe.
Plaas die wortel skywe in ‘n swaarboomkastrol en voeg genoeg water by om net te bedek.
Voeg die sout by en kook tot die wortels net sag is.
Dreineer en verpulp die wortels tot ‘n fyn moes.
Meet 400 g van die wortelmoes uit en plaas terug in die kastrol (gebruik dit wat oor is in kapokaartappels, of voeg by sop of bredies).
Voeg die 50 g gerasperde wortel, gemmer en suiker by en bring oor lae hitte tot kookpunt, terwyl jy aanhoudend roer om te verseker die suiker los op.
Kook 5 minute en voeg dan die suurlemoenskil-en sap by.
Kook ‘n verdere 10 minute en verseël dan in gesteriliseerde  flesse.
Lewer nagenoeg 450 ml konfyt.

Variasie:
Vir variasie kan 15 ml brandewyn by die konfyt gevoeg word saam met die suurlemoenskil.

Resep en foto: Karen Homan

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page