Your Recipe Blog

WILLEM SE MAKLIKE PIZZAKORS

Recipe by
| Servings: 35 klein pizzas

WILLEM SE MAKLIKE PIZZAKORS

Die korse vries BAIE goed. Plaas ‘n laag waspapier tussen korse en vries in ‘n lugdigte houer. Ideaal vir die aande wanneer daar rêgtig nie tyd is om ‘n tradisionele maaltyd te berei nie.

  • 4 koppies bruismeel
  • 2 koppies volroom Amazi
  • 1 teelepel sout

Meng al die bestanddele saam om ‘n deeg te vorm. Rol uit op ‘n meelbestrooide oppervlak tot verlangde dikte, volgens smaak. Sny sirkels uit. Ek het sommer ‘n bordjie gebruik. Plaas op bespuite bakplaat.
Prik die sirkels goed met ‘n vurk.
Bak vir 10 minute by 180°C.
Bedek met jou eie voorkeur vulsels en bak tot goudbruin.

Wanneer jy dit wil vries, bak dit vir 10 min, laat dit heeltemal afkoel en vries dan. Draai elke een apart toe in kleefplastiek en verpak dit dan. Wanneer jy dit wil gebruik, haal uit, sit die vulsel op, bak vinnig weer tot alles gesmelt het, ek reken so 10 – 15 min by 200°C.

Resep en foto: Willem Bierman

Foto 3:  Nicolene Louw
Vandag het ek Willem Bierman se “post” gesien van sy pizza’s wat hy gemaak het en ek moes dit net self uittoets. My “topping” was oorskiet vleis, steak, spek, met sampioene, pynappel, piesang. My smoor bo-op die basis was Miami se Sweet tomato relish. Bietjie Aromat en Worcestersous speserye bo-oor. Dit was heerlik.

2 Reviews

  1. christel

    plaasvervanging vir Amazi?

    • Jammer ek sien nou eers jou vraag, mens kan karringmelk gebruik of aangesuurde melk.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page