Your Recipe Blog

WENKE OM STEAK SAG TE MAAK

WENKE OM STEAK SAG TE MAAK

  • Louise Lategan:
    Hello julle, ek wil vanaand bees stroganof maak. My steak is altyd taai. Het iemand raad vir my?
  • Rina Kleinhans:
  • Eerstens moet die vleis kamertemperatuur wees wanneer dit gaargemaak word en moenie dit oorgaar maak nie, 3 – 4 min aan ‘n kant, afhangende van hoe dik die steak is en ook die hitte, lekker hoë hitte.
  • Jy kan dit ook die vorige aand kap met ‘n vleishammer, nie te veel nie, sprinkel bietjie suurlemoensap oor en laat marineer tot die volgende dag. Kom ons hoor wat se die lede nog?
  • Leigh-AnneMaurice Nortje:
    Lê dit in Knorr se knoffel marinade vir so uur in die yskas, werk wonderlik.
  • Wanda Botha:
    Pynappel is ook taai steak se moses, voeg pynappel met die sap bo-op die vleis, laat marineer ‘n ruk en spoel af.
  • Johan Van der Walt:
    Rasper pynappel, smeer oor die vleis, los vir 5 min en krap dit af, probeer dit gerus.
  • Marius de Beer:
    Gebruik “meat tenderiser”, veilig om te gebruik, want dit word van papajas gemaak.
  • Marichelle Mader:
    Vlapoeier, sprinkel oor die rou vleis, braai eers die vleis voor jy sous byvoeg, ek het dit ook nie geglo nie.
  • Louise Groenewald:
    Maak die stroganoff in die drukkoker, dan hoef jy nie die duurste vleis te gebruik nie.
  • Louise Lategan:
  • Ek het “tenderised steak” gebruik. Dankie almal se raad, maar ek het nie enige van die bogenoemde in my huis nie.
  • Ek het wel gewone marinade? Sal julle almal se raad onthou en in die vervolg sorg dat dit in my koskaste is.
  • Ek het al gehoor van coke ook wat gebruik word, is dit waar???
  • Arthur de Lange:
  • Plaas die vleis in ‘n sakkie en kap met ‘n hammer, dit breek die weefsel af.
  • Indien jy bietjie Coke het, laat lê die vleis in die Coke vir ‘n uur of so.
  • Sout die vleis en wanneer jy dit gaarmaak, voeg bietjie botter en jou speserye by.
  • Elmarie de la Rey:
    Indiese skrywer Ranjit Rai se lys vir versagters:
  • rou groen papaja
  • rou pynappel
  • rou vye
  • groen mango-poeier
  • granaatsaad
  • tamarind
  • dikmelk
  • suurlemoensap
  • mostertsaad
  • jogurt sal ook werk
  • Leigh-AnneMaurice Nortje:
  • Sprinkel gewone koekmeel oor die rou vleis en laat lê dit so halfuur.
  • Potbraai die vleis met die meel om die vleis, dit maak die vleis sag en die sous dik.
  • Diane Van Schaik Conradie:
  • Louise ek braai die steak vinnig, tot net net gaar, dan laat ek dit eenkant staan tot die sous reg is.
  • Giet die sous oor die vleis en bedien dadelik. Braai die steak bietjie, bietjie anders kook dit op die ou einde en dit maak dit taai.
  • Heather Strumpher:
    My geheim is om die vleis met mosterdpoeier te besprinkel ‘n paar uur voor ek gaarmaak (braai of kook).
  • Adiela Manuel:
    Moenie die steak vooraf was nie, dit kan ook taaiheid veroorsaak.
  • Elmarie de la Rey Harold McGee:
  • In die boek, Food and Cooking, ‘n lywige wetenskaplike werk van meer as 800 bladsye, bevestig dit:
  • Die groen vrug (van die papaja) bevat vate van melkerige latex, ryk aan die proteïenverterende ensiem papaïen, wat in sommige vleissagmakers voorkom.
  • Miskien sal julle die boek interessant vind.
  • Maria Liebenberg:
  • Ons eet baie skaapvleis omrede ons ‘n plaas het en soms is die vleis taaierig.
  • As ek twyfel laat lê ek die vleis in maziena water vir so 3 – 4 ure, dan maak ek soos die namakwalanders, meng gekneusde heelkoljander, bruin asyn en Worcestersous, marineer die vleis daarmee, my man sprinkel die growwe sout op die rooster oor.
  • Brenda Groenewald:
  • Sprinkel bakpoeier saam met die speserye en olyfolie op die vleis, dit verander nie die smaak nie en doen die ding.
  • Heel beste is knoffel steak marinade, die een in die pakkie wat jy met water aanmaak.
  • Susanna Kruger:
  • Ek maak die steak vooraf sag deur met bakpoeier te sprinkel wat in spesery botteltjie is.
  • Laat dit so ruk lê, omtrent 2 ure, spoel die bakpoeier af en die steak is heerlik sag, ek doen dit al vir paar jaar so, want “meat tenderiser” het net té duur geword.
  • Santa Ronquest Breedt:
    Sojasous maak vleis heerlik sag as jy dit vir ‘n paar ure daarin week.
  • Almarie Albertyn:
    Ek prik die vleis met ‘n vurk, beide kante, sprinkel sojasous oor, laat die steak paar uur daarin lê.
  • Sonja Tredoux:
    Meng suurlemoensap en Worcestersous, laat marineer die vleis met die mengsel vir ‘n uur.
  • Flipkotie Olivier:
  • Ons gebruik net vars suurlemoensap, dit werk baie goed om vleis sag te maak.
  • Nie gekoopte botteltjie suurlemoensap nie.
  • Marius Rabie:
  • Maak ‘n pakkie marie beskuitjies fyn, meng een teelepel Italiaanse kruie, braaivleis speserye en rooi pepper daarby.
  • Vryf dit in die vleis en laat staan vir ‘n uur of so.
  • Werk uitstekend met varktjops. Wie nie waag nie, sal nie wen nie.
  • Linette Van Heerden:
  • Marineer die vleis in jogurt oornag.
  • Laat die vleis kamertemperatuur word voor gaarmaak, warm pan, net so 4 min aan ‘n kant.
  • Mucki Gouws:
    Laat lê die vleis in karringmelk vir ten minste 4 ure, sprinkel met sojasous en bak tot gaar, dit werk lekker vir ons.
  • Trudie Pretorius:
  • Ek sjef in England en pineapple werk soos ‘n droom en gee vleis ‘n baie lekker smaak.
  • Doen dit 15 minute voor die braai, anders val die vleis uitmekaar.
  • Wilna van der WaltBotha:
  • Steek met vurk gate in die steak.
  • Voeg suurlemoensap, “meat tenderiser” en olyf olie oordie vleis en vryf in. Laat staan vir 15 minute en braai gewoonweg.
  • Heerlik sag en smaaklik. Jy kan sout byvoeg net voor dit afgehaal word.
  • Trish Barras-Baker Haye:
  • As ek hoender of biefstuk roerbraai, week ek dit altyd in ‘n mengsel van Maizena en water.
  • Dit word “Velveting” genoem en dis hoekom Chinese roerbraai altyd so sag is.
  • Meng ongeveer 2 eetlepels Maizena (mielieblom) in ongeveer 2 koppies water., voeg by die vleis.
  • Meng goed met jou hande en laat die mengsel die vleis bedek.
  • Dit help as die vleis reeds die dikte is wat jy wil hê dit moet wees wanneer jy dit gaarmaak.
  • Laat dit so staan vir ten minste 20 minute tot ‘n maksimum van 24 uur.
  • Jy kan die Maizena afspoel voor jy dit gaarmaak, indien verkies of dit net afvee en soos gewoonlik geur.
  • Dit het my nog altyd ‘n sagte en sappige resultaat gegee.
  • Karin Barnard:
  • Koeksoda kan werk, maar verouder die steak vir ‘n paar dae in die yskas, dit moet self begin sag word.
  • Braai in vuurwarm pan. Het niks tenderising nodig.
  • Molly De Vos Goosen:
  • Glo my vandag. Sprinkel “meat tenderizer” en dan so sopie of twee Worcestersous oor die steak.
  • Vryf die konkoksie goed in, laat staan 10 minnute en doen jou ding.
  • Ingrid Emilie Vermeulen:
  • Ek koop nie steak om dadelik te eet nie, ek laat dit verouder in die yskas vir so 2 weke.
  • Giet karingmelk oor en laat staan buite yskas tot kamertemperatuur.
  • Tania Bezuidenhout:
    Vryf steak in met 30 ml Worcestersous gemeng met 30 ml soja sous, klein bietjie fyn knoffel en laat staan vir 1 uur voor gaarmaak.
  • Annette Hattingh Scheepers:
    Bruinsuiker en heuning.
  • Martine Bornman:
    Gebruik Bovril, werk soos ‘n bom.
  • Theuns Botha:
    Sny papaja in skywe, plaas die skywe bo-op en onder die steak vir 1 – 2 ure voor braai, baie sag.
  • Charlotte Barnard:
  • Gebruik ‘n pakkie vleismarinade van jou keuse en maak dit aan soos op pakkie staan en voeg Coke by.
  • Meng en marineer die steak daarin vir 1 – 2 ure. Supersag, praat uit ondervinding.
  • Rina McBride:
    Suurlemoensap, olyfolie en balsamiese asyn.
  • Foto – Elize de Kock:
  • Kap die steak weerskante met die oopkant van ‘n bottel, die bottel sal dit in sulke ringetjies kou.
  • Strooi bietjie bruin uie souspoeier oor voor jy kap.
    Volg dan die resep.
    https://yourrecipeblog.com/recipes/steak-devine/

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page