Your Recipe Blog

STEAK DEVINE

Prep: 5 Dae | Cook: 8 minute

STEAK DEVINE

Dit hang van jou vleis af wat die lekkerste goeie kwaliteit vleis is. Ons steaks is altyd lekker.

  • vleis snit van jou keuse
  • braai speserye
  • suurlemoensap
  • olyfolie
  • sout en peper na smaak

Ek strooi klaar sout en peper, tesame met die braai speserye (bietjie) en bietjie suurlemoensap op die vleis.
Smeer olyfolie  aan albei kante en laat die heeldag so rus in yskas.
Haal 2 ure voor gaarmaak uit, want ek maak vleis teen kamertemperatuur gaar, die van vanaand is al 5 dae so in die yskas.
Ek vries glad nie steak nie, ek hou dit net in yskas en koop net genoeg.
Maak ‘n gietyster roosterpan baie warm, moet geen olie ingooi nie die vleis het klaar olie op.
Braai 2 min aan kant.
Ek hou van myne erg medium!
Dan weer so 2 min aan ander kant.
Ek draai hulle kruis dwars om sodoende die rooster merke van ‘n diamant patroon op die vleis te maak.
Ek rus dit dan in die warm pan van die plaat af vir nog 4 minute op hulle vet kant, m.a.w die steak staan op sy kant.
GENIET DIE BESTE STEAK!

Nota:
Rump steak na 2 weke net in die yskas gehou…”vacuum packed”… heerlik!
Oornag op rooster rakkie in yskas, net met growwe sout en peper laat rus.
Vandag met dié resep aangegaan.
Onverbeterlik!!

Resep en foto: Elize de Kock

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page