VINNIGE DOPPIES VAN GEMMERKOEKIES
Vir die doppies gebruik gekoopte koekies, maak effens warm in mikrogolf, buig in handpalm of sit binne in vlak cupcake pannetjie om bakkie te maak.
Jy kan ‘n klapper koekie of ‘n oats koekie en soos bogenoem ‘n gemmerkoekie probeer.
Ek sit die koekies in ‘n sirkel op ‘n bord in die mikro vir so 40 sekondes. Jy moet vinnig werk wat dit koel gou af. Party koekies is vinnig sag en warm, ander kort nog ‘n paar sekondes. Dit verskil tussen tipe koekies ook.
Koekie doppies met soetvulsels: botterneut koekie met banofee (snytjie piesang karamelkondensmelk en room bo-op), gemmer koekies met suurlemoen en botterneut koekies met sjokelade haselneut.
Idee geplaas deur Brunhilda Venter