VINNIGE 4 BESTANDDELE PIZZA BASIS
Baie oulik en vinnig vir die kinders om self te maak.
- 275 g (500 ml) bruismeel
- 150 ml kookwater
- 125 ml kookolie
- knippie sout
Meng al die bestanddele goed saam, druk dit in ‘n pan of ronde vorms, ewe dik.
Enige vulsel van jou keuse kan gebruik word.
Smeer die pizza met die tamatie basis en pak op die pizza waarvan julle hou.
Strooi laaste genoeg kaas van jou keuse oor.
Die pizza is gebak tot die kaas gesmelt en geborrel het op 180°C.
Resep en foto: Cecil Dunhin en Arthur JW Dunhin het vir ons die pizzas gemaak.