Your Recipe Blog

VERSKILLENDE SOORTE KORSDEEG

VERSKILLENDE SOORTE KORSDEEG

  • Oliekors:
  • 500 ml (2 koppies) koekmeel
  • 10 ml (2 teelepels) bakpoeier
  • 5 ml (1 teelepel) sout
  • 80 ml (⅓ koppie) olie
  • 180 ml (¾ koppie) melk of water
Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
Meng die olie en melk en sny met ‘n mes in die droë bestanddele in.
Verdeel die deeg in 2 stukke en verkoel minstens 2 uur lank in die yskas.
Rol die deeg tussen 2 velle bakpapier uit en gebruik soos benodig.
Gebruik die kors rou onder jou vulsel en bak saam met die vulsel teen 180ºC tot gaar, ongeveer 60 minute.
  • Kitskorsdeeg:
  • 180 ml (¾ koppie) melk
  • 160 ml (⅔ koppie) olie
  • 2 eiers
  • 300 ml koekmeel
  • 15 ml (1 eetlepel) bakpoeier
  • 1 ml (¼ teelepel) sout

Roer al die bestanddele saam en giet oor die vulsel van jou keuse. Bak teen 180ºC tot gaar en bruin.

  • Suurroomdeeg:
  • 500 ml (2 koppies) koekmeel
  • 2 ml sout
  • 100 g yskoue botter, gerasper
  • 5 tot 7 ml asyn of suurlemoensap
  • 150 ml suurroom

Sif die meel en sout saam. Vryf die botter met jou vingers in die meelmengsel in.
Meng die asyn en suurroom en roer by die meelmengsel.
Meng liggiies met ‘n vurk tot die bestanddele gemeng is en druk dan liggies met die hande om goed te meng.
Verkoel minstens 2 uur lank in die yskas .
Rol die deeg tussen 2 velle bakpapier uit. Gebruik soos benodig.
Gebruik die kors rou onder jou vulsel en bak saam met die vulsel teen 180ºC tot gaar, ongeveer 60 minute.

Resepte: Monica Nel

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page