VERSKEIDENHEID PASTEI DEEG IDEES
- SLAP PASTEI DEEG
- 125 ml olie
- 125 ml melk
- 200 ml bruismeel (of 200 ml koekmeel en 2 teelepels bakpoeier)
- 1 eier, geklits in bietjie water
Meng tot ‘n slap deeg.
Giet bo-oor pastei en bak in oond by 180ºC vir ongeveer 15 min tot gaar en goudbruin.
- SLAP PASTEI DEEG
- 1 koppie koekmeel
- 2 teelepels bakpoeier
- 125 ml botter of margarien
- ¾ koppie melk
- 1 eier
- 2 ml sout
Vryf botter in meel in.
Klits eier en melk en meng dit in die meel in vir ’n slap deeg.
- SLAP PASTEI KORS MET RYS
- 2 eiers
- 125 ml melk
- 12,5 ml gesmelte botter
- 125 ml gaar rys
- 125 ml koekmeel
- 5 ml bakpoeier
- 125 ml gerasperde kaas
Klits die eiers goed en voeg die melk by. Voeg botter en rys by.
Sif koekmeel en bakpoeier by en skep bo-oor ‘n vleismengel.
Bak tot goudbruin.
- MIELIE KORS: SLAP DEEG
- 1 koppie bruismeel
- 1 teelepel mosterdpoeier
- 2 teelepels vars pietersielie
- 4 eetlepels botter
- 420 g geroomde suikermielies
- 4 eetlepels melk
- 1 eier
Meng alles saam en giet oor vleisgereg en bak tot goudbruin.
- SUIKERMIELIEPASTEIKORS: SLAP
- 1 koppie suikermielies
- ¾ koppie melk
- 2 eiers
- 2 eetlepels mielieblom
- 2 eetlepels margarien
- 2 teelepels bakpoeier
- sout
Meng alles saam tot’n deeg en skep bo-oor maalvleis.
- KORS: SLAP DEEG
- 2 1/2 koppies koekmeel
- 5 ml sout
- 20 ml bakpoeier
- 250 ml cheddar kaas, gerasper
- 30 ml pietersielie, gekap
- 160 ml olie
- 250 ml melk
- 3 ml suurlemoensap
- 2 ekstra groot eiers
Meng die koekmeel, sout en bakpoeier.
Voeg kaas en pietersielie by.
Klits die olie, melk, sap en eiers saam.
Meng met meelmengsel.
Skep lepels vol oor vleis en bak vir sowat 30 min by 200ºC tot gaar en mooi goud bruin.
Biedien dadelik.
MAKLIKE PASTEIKORS
Geen uitrol nodig, gebruik vir bo-op terte en pasteie of onderlaag.
- 5 ml olie
- 75 ml melk
- 1 eier
- ¾ koppie koekmeel
- 2 teelepels bakpoeier
- knippie sout en peper
Klits olie, melk, eier saam.
Voeg meel, sout, peper, bakpoeier by.
Klits alle bestanddele bymekaar en giet in tertbak bodem of giet bo-oor tertmengsel voor dit gebak word.
Foto: Adam Cloete