VARS SLAAI IDEES
Annoniem:
Ek is opsoek na lekker vars slaai idees. Nie mal oor mayonnaise slaaie nie. Gesond en net bietjie iets anders.
- Frik Zelda Coetzee:
- Couscous salad – Cook 1 cup Couscous in water with 1 chicken cube. No rinsing, so minimise the water. Once done, add 2 tablespoons butter and season. Add lots of oregano, whole sweetcorn and anything else you like.
- Corrie Hildebrandt:
- Ek roerbraai ‘n pakkie gevriesde roerbraai-groente en voeg dit by die Couscous vir ‘n heerlike vullende slaai of ete.
- SPINACH AND STRAWBERRY SALAD – Nic Swart
- 500 g fresh baby spinach, washed and stems removed
- 250 g strawberries, halved
- ½ red onion, sliced
- 5 nectarines, sliced
- ½ cup walnuts, roughly chopped
- 1 round feta cheese, crumbed
- Place spinach on a salad plate and arrange nectarine slices, red onion, strawberries, walnuts and feta cheese on top of the leaves.
- Drizzle with orange juice or balsamic vinegar, mixed with a little oil and mixed herbs.
- Linda Roberts:
- Sweet potato salad – Cube sweet potatoes and cook until just done and still firm, strain and cool. Add chopped green pepper, spring onion and chopped canned peaches to the cooled sweet potato. Make a dressing with mayonnaise, cream, curry powder, cinnamon, ginger, salt and pepper.
- Zahne-mari Havenga:
- Skil appels, komkommer en pynappel, sny in blokkies saam met ‘n halwe ui. Voeg sout en pepper na smaak by en bedien met Griekse slaaisous soos jou hart begeer.
- Lusinda Davies:
- Mango, avokado, rooi uie, balsamiese asyn, swart peper en sout. Jy sal nie spyt wees nie.
- Meriet Pattison:
- Baba spinasie, perskool fyn gesnipper, rooi soetrissie, keker-ertjies, feta kaas, olywe, kersie tamaties, avokado in blokkies gesny en ‘n vinaigrette slaaisous.
- Antorika De Beer:
- Een van elke kleur soetrissie en ‘n rooi ui in blokkies gesny, blokkies kaas en blikkie mielies (nie roomsoort nie). Meng alles met bietjie mayonnaise. Krummel groen Doritos oor net voor opdien. Dis iets besonders, heerlik vars en krakerig.
- SOMERSLAAI – Christine Booysen Wilson
- komkommer en pynappel, opgesny in klein blokkies
- rooi ui, opgesny
- rooi soetrissie, klein opgesny
- mentblare, fyn gesny
- Meng die bestanddele saam, sprinkel bietjie suurlemoensap en heuning oor met sout en peper.
- KOOLSLAAI MET APPEL – Susan Heyns
- ½ koolkop, gewas en gesnipper
- 2 Granny-Smith appels, grof gerasper
- 1 klein groen of rooi soetrissie, fyn gesnipper
- Slaaisous:
- 100 ml olie
- 75 ml kouewater
- 75 ml suurlemoensap
- 45 ml sagte bruinsuiker
- 5 ml sout of na smaak
- 8 ml karwysaad
- Meng die kool, appels en soetrissie met ‘n slaailepel en ‘n vurk in ‘n slaaibak.
- Klits die olie, water, suurlemoensap, bruinsuiker en sout met ‘n draadklitser in ‘n glasbakkie.
- Giet die slaaisous oor die slaai en meng dit goed saam.
- Strooi die karwysaad bo-oor en meng.
- Ek het die karwysaad vervang met granaat pitte.
- Melanie Bronkhorst Steyn:
- Aarbeie, baba spinasie blare, gebraaide repies spek, neute, Fetakaas en Balsamiese reduksie. Jy kan ook waatlemoen gebruik in plaas van aarbeie. Lekker Somerslaai!
- Annerie du Plessis:
- Slaai vir 4 mense -2 pere in wiggies gesny, 8 dadels opgekap, 100 g bloukaas verbrokkel, handvol halwe pekanneute, op slaai- en roketblare. Slaaisous gemaak met olyfolie, suurlemoensap, heuning, swartpeper en sout na smaak. Meng goed en giet oor die slaai.
- Tania Fourie:
- Cubed cooked butternut, same of beetroot, feta, cooked lentils and pumpkin seeds. Lemon and olive oil vinaigrette.
- Foto: Stien Rust
- Ek kom wys net. Ons het gister Christelle se somerslaai gehad. Ek kon nie radyse kry nie en het nie die ham bygevoeg nie. Het wortelrepies bygevoeg met heuning- en mosterdslaaisous, ligweg oorgegiet en die orige slaaisous op die tafel geplaas vir die wat van meer sous hou. My mense was eers nie baie te vinde vir nektariens in ‘n slaai nie, maar hulle het heerlik geëet.
- Skakel na resep: https://yourrecipeblog.com/recipes/somermengelslaai/
Category:












