Your Recipe Blog

VARKWORS EN GEKARAMELISEERDE UIE PIZZA

VARKWORS EN GEKARAMELISEERDE UIE PIZZA

Ek het vannaand my eie pizza deeg gemaak en ‘n heerlike pizza gebak.
Vir vulsel het ek die volgende gebruik:

  • Vulsel:
  • 3 uie, gesny
  • groen soetrissie, gekerf
  • sampioene, gekerf
  • varkworsies
  • gerasperde kaas, cheddar en mozarella
  • pekel jalapenos

In ‘n pan braai die uie lekker en sit die sampioene en soetrissie by, braai tot alles gaar is.
Haal die mengsel uit en sit eenkant. Sit die varkwors in die pan en braai tot gaar.
Sny die gaar wors in ringe.
Bou die pizza – plaas eers gebraaide uiemengsel op die deeg,
Wors ringe egalig op gepak.
Gerasperde cheddar kaas  bo oor gestrooi gevolg met mozarella kaas.
Op een helfte van pizza het ek gepiekelde jalapenos opgesit voor die kaas laag.

  • Deeg:
  • 4 koppies koekmeel
  • 1 pakkie groen kitsgis
  • 10 ml sout
  • 10 ml suiker

Meng alles met bietjie lou warm water en knie deeg vir ongeveer 10 minute.
Plaas in ‘n bak om te rys tot dubbel in groote.
Rol deeg uit met koekroller en plaas in oondbak.
Vulsel kan nou opgesit word en bak tot gaar en kaas gesmelt is in matige oond op 180ºC.
Regtig lekker en vullend.

Foto en resep: Yolanda Hoffman Groenewald

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page