Your Recipe Blog

VANILLA KOEK MET SPIEËLGLASUURSEL

Cook: 30 - 35 minute

VANILLA KOEK MET SPIEËLGLASUURSEL

My eerste “mirror glaze koek” gemaak en ek moet sê ek is baie happy met hoe hy uitgekom het. Ek het Suenell se Mirror Glaze resep wat op die website is, gebruik.

  • Sif die eerste 3 bestanddele saam en hou eenkant:
  • 625 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 4 extra groot eiers, geskei
  • 5 ml vanilla geursel
  • 500 ml suiker
  • 250 ml water

Klits jou eiergeel en water saam tot dit lekker pof is.
Voeg dan stadig jou suiker by terwyl jy klits.
Sodra dit goed deur gemeng is voeg jou gesifde droë bestandele by en meng goed.
Klits jou eierwit tot stywe punt stadium en vou dit geluidelik by die koekmengsel.
Deel in 2 gesmeerde koekpanne en bak teen 180ºC vir 30 – 35 minute en tot die naald skoon uit kom.

Versier die afgekoelde koek met gewone botterroom. Die oulike mense praat van ‘n ‘crumbcoating’.
Sodra die koek klaar versier is, sit dit in die vrieskas vir 2 ure.
Volg dan die instruksies van hoe om die koek te versier met spieëlglasuur op die volgende skakel.
https://yourrecipeblog.com/recipes/suenell-se-spieel-kaaskoek-mirror-cake/

Resep en foto: Danniel Kruger

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page