Your Recipe Blog

SUENELL SE SPIEËL KAASKOEK (MIRROR CAKE)

SUENELL SE SPIEËL KAASKOEK (MIRROR CAKE)

Kap die milky bar in stukkies – sit eenkant.
Voeg gelatien by die 130 ml water en laat spons.
Smelt oor stadige hitte die suiker en res van die water saam (nie kook nie).
Voeg nou die kondensmelk by die suiker mengesel en roer.
Sodra mengsel begin stoom haal van plaat af.
Meng nou gelatien by warm kondensmelk mengsel in, meng tot gelatien opgelos is.
Giet die mengsel oor die gekapte milkybar, laat staan vir ‘n minuut of twee, roer dan tot sjokolade gesmelt is.
Voeg vanilla by en roer deur.
Giet mengsel deur sif, net om seker te maak die mengsel is glad.
Deel jou mengsel in 3 bakkies en kleur elk.
Moenie te veel klits nie, dit veroorsaak bubbles op die versiersel.
Sit gevriesde kaaskoek op ‘n omgekeerde bakkie/blikkie binne in bakplaat (ek sal volgende keer plaat met foelie oortrek vir makliker opruim).
Teen die tyd sal jou mengsel al koel genoeg wees.
Giet die gelatien mengsels versigtig oor die koek.
Laat staan vir 5 – 10 minute, dan versigtig gebruik mes om die druppels af te vee.

Resep en foto: Suenell Liebenberg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page