WIT SJOKOLADE KAASKOEK MET VARIASIES
- Kors:
- 1 pak beskuitjies, fyngemaak. (Ek het choc chip gebruik)
- 100 g botter, gesmelt
- ¼ koppie geroosterde klapper
Meng die beskuitjie krummels en botter en druk in die bodem van ‘n 20 cm of 22 cm losboom koekpan (springform) gesmeer en met bakpapier uitgevoer.
Sprinkel ‘n laag geroosterde klapper oor.
Plaas in yskas.
- Vulsel:
- 2 blokke roomkaas (500 g)
- 1 blik kondensmelk
- 1 groot blok wit sjokolade, gesmelt
- 250 ml dik room
- 3 teelepels gelatien, opgelos in ¼ koppie kookwater en afgekoel
- fyngekapte Crunchie sjokolade
- gekoopte karamel sous
- gesmelte donker sjokolade vir bo oor
Klits die roomkaas, kondensmelk, gesmelte witsjokolade en room goed saam.
Klits die gelatien by.
Giet bo-oor die kors.
Sprinkel die fyn Crunchie sjokolade oor.
Drip die karamel sous in patroontjies oor en dan die gesmelte sjokolade.
Plaas in yskas oornag om te set.
Ontvorm op ‘n opdien bord.
GENIET!
Foto en resep: Hettie Bezuidenhout
2de Foto: Wikkie Tap
Wit sjokolade kaas koek met variasies. Ek het die sjokolade en crunchie option gevat
Nota: Jacques Els
Wat ‘n ongelooflike resep! Ek maak hom beslis weer! Ek het aarbeie gebruik, met aarbei jellie.