Your Recipe Blog

TUISGEMAAKTE HORINKIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 13 minute | Servings: 80 - 90 horinkies

TUISGEMAAKTE HORINKIES

Hierdie horinkies kan met enige iets na smaak gevul word, soet- en soutvulsels werk altwee baie goed.

  • 4 koppies koekmeel
  • 4 teelepels bakpoeier
  • knippe sout
  • 250 g yskoue botter
  • 3 eiergele
  • 4 eetlepels suurlemoensap
  • 1 koppie yskoue water

Sif meel, bakpoeier en sout saam.
Rasper botter in en vryf tot dit lyk soos broodkrummels.
Klits eiegele goed en voeg suurlemoensap en water by.
Voeg by meelmengsel en meng tot sagte deeg.
Rol deeg dun uit.
Sny in stroke van so 30 cm lank.
Draai om gesmeerde horinkievorms.
Bak 13 min by 180°C.
Laat goed afkoel en vul met enige iets van jou keuse.

Nota:
Ek vul hul met enige iets. Nou die dag sin het ek gevul met biltong patee 😉 en toe so in die fyn biltong gedruk aan die bokant.
Ouma plaas se resep.

Notas:
Alet van Zyl
Ek vul hulle met Peppermin Crisptert se vulsel… of ek sit ‘n klein klontjie appelkooskonfyt onderin, dan Caramel treat met room bo-op. Hoendermayonnaise is ook heerlik in horinkies.
Maureen Van Der Linde
Ek smeer my horinkies eier buite om, doop dit dan in suiker, bak dan baie mooi en lekker.

Foto en resep: Benhet Nieuwenhuis

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page