Your Recipe Blog

SWARTWOUD ROLKOEK

Recipe by
Cook: 25 - 30 minute

SWARTWOUD ROLKOEK

“Die vulsel se resep is by my swartwoudkoek se resep op die nuwe blog.  Die cup cakes het my dogter gebak. Die koekvulsel word ingesluit, asook die skakel na die koekresep, ter wille van volledigheid.”

  • Rolkoek:
  • 4 eiers, geskei
  • 3 teelepels bakpoeier
  • ½ koppie suiker (bietjie meer as ½ koppie)
  • 2 eetlepels kakao
  • 1 koppie koekmeel
  • knippie sout
  • 6 eetlepels koue water
  • Kersievulsel:
  • 1 houer swartkersies, sonder pitte (in blikkie of bottel)
  • knippie sout
  • 1 hoogvol eetlepel vlapoeier
  • ½ koppie water
  • 500 ml room (gebruik net ongeveer 250 ml of minder vir die swiss roll resep)
  • kersielikeur

Rolkoek:
Room eiergele, water en suiker saam tot lig en donsig. Sif meel, kakao en ander droë bestanddele saam en vou liggies in eiermengsel. Klits eierwitte styf en vou liggies in eier- en meelmengsel. Spuit pan 43 by 28 cm en plaas bakpapier in pan en spuit weer. Bak by 180 °C vir ongeveer 25 tot 30 minute.
Vulsel se resep is by my swartwoudkoek se resep op blog.
Skep en smeer vulsel oor gebak. Rol versigtig op met nat vadoek.

Kersie vulsel:
Hou van die kersies heel en plaas eenkant en snipper res op. Gebruik sous van die kersies. Kook dit op lae hitte. Voeg sout, vlapoeier en water by. Wanneer stroop kook, voeg vlamengsel by en kook deur, haal van plaat af, voeg kersies by en laat goed koud word.
Klits verminderde hoeveelheid room tot goed styf (ek het houertjies room gebruik – dit klits mooi en word nie botter nie). Versier rolkoek met heel kersies en verminderde hoeveelheid geklitste room.

Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk
Kolwyntjie foto: I Kritzinger

Nota: Die skakel na die swartwoudkoek:
https://yourrecipeblog.com/recipes/alta-se-swartwoud-kersiekoek/

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page