ALTA SE SWARTWOUD KERSIEKOEK
- Beslag:
- 2 koppies koekmeel
- 2 koppies strooisuiker
- 3 teelepels bakpoeier
- knippie sout
- ½ koppie olie
- 7 ekstragroot eiers, geskei
- ½ koppie kakaopoeier
- tussen ¾ en ampervol koppie kookwater
- 5 ml vanilla geursel
- 2 ml kremetart
- Kersievulsel:
- 1 houer swartkersies, sonder pitte (in blikkie of bottel)
- knippie sout
- 1 hoogvol eetlepel vlapoeier
- ½ koppie water
- 500 ml room
- kersies likeur
Koek:
Meng die kakao en kook water goed en laat afkoel.
Sif droë bestanddele saam (ek doen dit sommer in my elektriese menger se bak).
Giet olie, eiergele en koue kakaomengsel by en klits goed.
Klits eierwitte en kremetart saam en vou in by kakaomengsel (sjokolademengsel).
Skep uit in vier laag panne (kan ook koek in twee groot panne bak en dan sny).
Bak in 180 °C oond vir ± 45 minute of tot gaar.
Note:
Ek toets maar, almal se oonde verskil.
Keer uit op draadrak en laat oornag staan om af te koel (wanneer koek koud genoeg is sit ek dit in ‘n plastiek sak sodat dit nie uitdroog nie).
Kersie vulsel:
Hou van die kersies heel een kant en snipper die res op.
Gebruik die sous van die kersies. Kook dit op lae hitte. Voeg sout, vlapoeier en water by.
Wanneer die stroop kook, voeg vlamengsel by en kook deur, haal af van stoof, voeg kersies by en laat goed koud word.
Klits room tot goed styf (ek het bakkies room gebruik – dit klits mooi en word nie botter nie).
Koekafronding:
Deel kersievulsel in vier dele.
Gebruik drie lae koek en besprinkel liggies met kersie likeur.
Smeer elke een van die drie koeklae van die afgekoelde kersievulsel, maar nie tot op die kant nie. Spuit ‘n laag room en sit dan volgende laag op en doen dieselfde met elke laag.
Laaste laag – boonste laag – spuit eers room in mooi rosette reg rondom koek en sit van vulsel in die middel.
Versier met heel kersies wat gebêre is en versier met sjokoladekrulle.
Kan ook as klein koekies bedien word.
Resep en fotos: Alta Gunter Van Dyk