SWART KERSIE KAASKOEK MET VARIASIE
Resep en foto: Kiti de Jager
- 1 blik (410 g) swart kersies
- 2 pakkies jellie, aangemaak met net warm water
- 1 blik (397 g) kondensmelk melk
- ½ koppie (125 ml) suurlemoensap
- 1 pakkie (250 g) gladde roomkaas
- 1 lekker tertkors (of gebruik Tennisbeskuitjies)
https://yourrecipeblog.com/recipes/weetbix-tertkors/ - Dreineer die kersies goed, maar behou die stroop.
- Maak jellie aan met slegs eerste deel kookwater (maw helfte water volgens aanwysings)
- Roer aanhoudend tot gesmelt en voeg die stroop hierby. Laat afkoel.
- Klits die kondensmelk en suurlemoensap saam, voeg die roomkaas by en meng goed.
- Smeer die helfte van die kaasmengsel oor die kors.
- Rangskik die helfte van die kersies bo-op. Herhaal die lae.
Nota:
As jy ‘n fancy kaaskoek maak, het jy slegs een laag met kersies bo-op.
Bedek met die verdikte kersiestroop.
Verkoel vir ‘n paar uur voor jy bedien.
Variasie:
Om ‘n ander geur tert te maak, vervang kersies met ‘n blik van betrokke vrug en volg verder die metode.
Maak kersie of rooiwyn jellie aan en giet bo-oor gestolde tert, met heel kersies in vir versiering.

