Your Recipe Blog

WEETBIX TERTKORS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 15 minute

WEET-BIX TERTKORS

  • 125 g botter, gesmelt
  • 5 ml vanilla geursel
  • 30 ml gouestroop
  • 125 ml suiker (rou)
  • 1.25 koppie koekmeel (175 g)
  • 125 ml hawermout
  • 100 ml klapper
  • 2 blokkies weetbix, verkrummel
Smelt die botter, vanilla en stroop saam. Voeg die res van bestanddele bymekaar in ‘n aparte bak.
Laat botter effe afkoel (jy wil nie die meel laat “kook” nie.) Meng goed.
Dit sal baie krummelrig wees. Druk in ‘n groot losboompan (of twee kleiner) en bak vir 15 minute by 180ºC.
Koel heeltemal af, voeg vulsel van keuse by, laat stol en bedien.
Die kors word nie sommer sag en “soggy” soos ander nie.
Nota:

Dit is so goed dat ek dit eet sonder om te vul!
Jy maak dit dubbel aan, bak in vlakpan, drup gesmelte sjokolade oor en geniet.

https://yourrecipeblog.com/recipes/no-bake-cheesecake/
https://yourrecipeblog.com/recipes/swart-kersie-kaaskoek-met-variasie/

Resep en foto: Kiti Citi

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5