SOUSBOONTJIES
- 1 pakkie nierboontjies (kidney beans)
- 250 ml suiker
- knippie sout
- knippie peper
- 90 ml bruinasyn
Kook die booontjies tot lekker sag in net genoeg water.
Voeg die suiker, sout, peper en asyn by en kook vir nog so 20 min.
(Dit moet nie te droog wees nie, anders voeg net nog bietjie water by)
Skep in opdienbak of houer met ‘n deksel.
Verkoel in die yskas, en bedien.
Resep en foto: Amanda Austen
Baie lekker resep kan ek die resep net so bottel? Ek is n pensionaris het nooit sulke dinge gedoen nie my oorl vrou was n ekspert en ek moet besig bly . Nou geniet ek sulke dinge. Volgende groenboointjies bottel
Chris, ek is bly jy geniet dit nou en dit is fantasties dat jy jouself besig hou met al die lekker gebottelde goedjies. Hierdie resep dink ek het bietjie min asyn vir bottel, tensy jy dit in die yskas gaan hou, maar hier is ‘n ander heerlike resep wat goed bottel.
https://yourrecipeblog.com/recipes/tuisgemaakte-sousbone/