TUISGEMAAKTE SOUSBONE
BAIE dankie vir die lekker resepte op die blog. Ek is baie trots om te sê…. I DID IT! REGTE sousboontjies.
Doen wondere vir die gemoed!
Week 1 kg bone oornag in kookwater. Water volgende dag af – as daar water is.
Kook dan in ‘n prutpot of op die stoof met genoeg kookwater om bone te bedek tot sag, moenie sout byvoeg nie.
Wanneer sag gekook, voeg by:
- 1 koppie suiker
- 1 koppie asyn
- paar draaie swartpeper
- knippie sout
Laat goed deurkook.
Maak sous bietjie dikker met Maizena wat met bietjie water aangemaak is.
Kook goed deur.
Bottel in voorbereide bottels en verseël dadelik!
Hoop julle eet net so lekker soos ons daaraan.
Resep: Elize Herholdt
Foto: Venita Van Wyk
Hierdie resep het ek met heerbone gemaak. n Wenner van formaat. Dankie vir die deel
Baie baie dankie vir jou terugvoer, altyd lekker om te hoor. Wil jy nie vir ons ‘n foto plaas nie asb?
As jy nie op ons facebook groep is nie, kan jy dit vir my epos dan sit ek dit by ons plasing.
Mooi dag
Asseblief, moet dit wit of bruin asyn wees? Maak my bene sommer lam as mens die internetresepte maak en dan sien die inligting is nie volledig nie.
Goeie dag… enige asyn wat jy verkies.. wit is skerper as bruin.. en bruin maak die kleur effens donkerder.. hoop jou lam bene voel nou beter Geniet die gratis resepte.
Baie lekker en maklik om te maak! Baie dankie!