Your Recipe Blog

SOETKORS VIR MELKTERTJIES OF GROOT TERTKORSE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 15 minut

SOETKORS VIR MELKTERTJIES OF GROOT TERTKORSE

Ek gee die resep, ek weet nie hoeveel tertdoppies dit maak nie, ek gebruik 16 koppies koekmeel op ‘n slag, ek bak groot hoeveelhede op 1 slag.
Die doppies krimp nie, maar die resep moet presies so aangemaak word en klits tot dit romerig is, ek gebruik my groot Kenwood.

  • Doppies:
  • 4 koppies koekmeel
  • 1 koppie suiker
  • 1 eetlepel vlapoeier (15 ml)
  • 1 teelepel sout
  • 250 g goeie magarine of botter
  • 3 teelepels bakpoeier afgeskraap
  • 2 eiers
  • Melktert vulsel:
  • 1 liter melk,(ek gebruik volroom boksie melk (smaak verskil van gewone melk)
  • 3 ekstra groot eiers
  • ¼ teelepel sout
  • 1 koppie suiker
  • 1½ eetlepel koekmeel, rondvol
  • 1½ eetlepel Maizena, rondvol
  • 12.5 ml vlapoeier, rondvol
  • 1 teelepel vanilla geursel

Doppies
Room suiker, eiers en botter, moet fluffy wees.
Sif die droë bestanddele saam.
Meng droë bestanddele by bottermengsel in met jou hande tot ‘n lekker deeg vorm.
Rol dun uit en druk af, sit in gespuite muffin pannetjies.
Pruk die bodem met ‘n vurk.
Bak vir ±15 in 180 °C oond tot ligbruin.
Kan lank in lugdigte houer gebêre word.

Melktert vulsel:
Kook  die melk oor lae hitte.
Klits die 3 eiers, sout en suiker saam.
Sif die droë bestanddele.
Voeg gesifte meelmengsel by eiermengsel.
Klits goed dat daar geen klontjies is nie.
Roer bietjie van die kookmelk by die meelmengsel terwyl jy heeltyd vinnig roer,
Draai die hitte stadig, voeg by meelmengsel by die res van die kookmelk in kastrol, roer aanhoudend terwyl die melkpap verdik.
Pasop vir brand of oorkook.
Roer tot mengsel dik is.
Voeg vanilla geursel by.
Skep warm melkpap in die klaar groot kors, maar laat die vulsel heeltenal afkoel vir klein doppies, anders word dit pap.
Strooi bietjie kaneel oor.

Resep: Joey Pienaar
Foto: Alta Gunter van Wyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5