Your Recipe Blog

SOETKORS TERTDOPPIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 10 - 15 minute | Servings: 84 doppies

SOETKORS TERTDOPPIES

Lewer 84 doppies en krimp nie.

  • 4 koppies koekmeel
  • 250 ml suiker
  • 15.5 ml vlapoeier
  • 5 ml sout
  • 250 g margarien
  • 15 ml bakpoeier, afgeskraap
  • 2 eiers
  • ekstra meel vir uitrol

Room margarien, suiker en eiers.
Meng droë bestanddele in bottermengsel in. Ek het met my klitser dit ingemeng.
Rol tussen 2 lae plastiek uit wat met meel bestrooi is, anders sal die deeg aan die roller vassit. Smeer kolwyntjiepanne, plaas afgedrukte deeg daarin.
Ek het dit dadelik in pannetjies gesit en met drukkertjie gedruk.
Prik bodem van die doppie met ‘n vurk.
Bak ongeveer 10 – 15 minute by 180°C.
Kan lank in lugdigte houer gebêre word.
Baie lekker!

Notas:
Ek het die klein drukkertjie gebruik vir altwee doppies. Die een aan die regterkant het ek egter met die steeltjie van die klein drukkertjie gedruk. (tweede foto) Wou net ‘n ander vorm gehad het. Ek gaan Pepermint Crisp vulsel insit. Ek het omtrent dieselfde hoeveelheid doppies gekry wat die resep sê, al het ek dit nie uitgerol nie.

Foto:  Anita Olivier
Resep: Petré Van Jaarsveld

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page