SMAAKLIKE SPINASIETERT
- Kors:
https://yourrecipeblog.com/recipes/kookwater-deeg-vir-pasteitjies/ - Vulsel:
- 1 bossie spinasie se blare, onthou om af te was in soutwater! Gevriesde spinasie kan ook gebruik word.
- 100 g ontbytspek, gesnipper
- 1 ui, in ringe gesny
- 1 klein pakkie (25 g) fyngedrukte droë aartappelskyfies (chips) van jou keuse
- 1 koppie gerasperde kaas
- 2 eetlepels koekmeel
- 2 eetlepels botter of bakmargarien
- 2 eiers
- sout en peper na smaak
- Witsous:
- 2 eetlepels botter of margarien
- 2 eetlepels koekmeel
- melk
- ½ koppie gerasperde Cheddarkaas
- knippie sout
- 1 eier, geklits
Smelt die botter of margarien in ‘n kastrol en roer die meel daarby.
Roer vinnig tot goed gemeng oor lae hitte en voeg melk by terwyl jy aanmekaar roer tot die verlangde dikte sous bereik word.
Meng ‘n die gerasperde Cheddarkaas daarby en meng goed deurmekaar.
Geur met ‘n knippie sout. Haal van die hitte af en roer een eier daarby. Sit eenkant neer.
Plaas die spinasie in ligte gesoute kookwater tot dit net begin verwelk en dreineer goed.
Druk die ekstra water uit en sny dit in kleiner stukkies. Braai die uie en spek tot gaar.
Meng die spinasie, witsous, uie- en spekmengsel, aartappelskyfies, sout en peper.
Voer ‘n oondbak met die deeg uit en skep die mengsel in die rou kors.
Strooi die res van die kaas oor en bak vir ongeveer 35 minute by 180ºC tot die vulsel gestol het en die kaas ‘n mooi goudbruin kleur het.
Resep geplaas deur Adam Cloete soos aangepas van die oorspronklike resep van Floraine Wasserman Venter
Foto: Adam Cloete