Your Recipe Blog

KOOKWATER DEEG VIR PASTEITJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 min

KOOKWATER DEEG VIR PASTEITJIES

Broskorsdeeg is ideaal veral vir die onderkant van pasteie en ek vind dit werk perfek vir wildsvleis pasteitjies en Cornish pasties.

  • 125 ml kookwater
  • 125 g botter of margarien of ‘n mengsel van botter en vet (lard)
  • 500 ml (280 g) koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 2 ml sout

Smelt die botter in die kookwater.
Sif die droë bestanddele en voeg die kookwater/botter vloeistof by en meng goed (ek gebruik my deeghak in my mengerbak om dit te meng). Dis ‘n baie sagte deeg. Sit in plastieksakkie in die yskas en verkoel ten minste vir ‘n uur tot yskoud en hard.

Op ‘n meelbestrooide oppervlak rol die deeg uit tot omgeveer 3 mm dik en sny uit soos verlang.
Vul met vleisvulsel soos verkies.
Smeer die rant van die deeg nat met bietjie water en druk die pastei toe en maak seker dit is styf toegeknyp.
Verf met melk of geklitste eier.
Bak in voorverhitte oond by 200°C vir 20 min of tot goudbruin.

Resep en foto: Elsabie Templeton

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5