SKON-TIPE DEEG VIR VLEISPASTEITJIES
Hier is my poging tot die Skon-tipe vleispasteitjies vanoggend, omdat ek die resep verdriedubbel het was my degie effe stywer, maar steeds slap. Ek het net die degie bo-op met die nat agterkant van ‘n teelepel gelyk gemaak voordat ek dit gebak het. Enige gaar vleisvulsel kan gebruik word.
- Deeg:
- ¾ koppie melk
- ½ koppie olie
- 2 eiers
- 1 koppie koekmeel
- 3 teelepels bakpoeier
- ¼ teelepel sout
- 1 teelepel aromat
Meng alles goed saam.
Deeg moet bietjie dikker as pannekoek deeg wees.
Spuit kolwyntjie pannetjies goed.
Skep lepel vol deeg onder in elke gaatjies en dan genoeg vulsel (klaar gaar gemaak) op die onderste deeg.
Skep genoeg deeg bo-oor vulsel om te bedek.
Bak 15-20 min teen 180°C tot goudbruin.
Heerlik!!
Foto: Anna Venter